Elizca

This is just about me. Net ek and my life

Google

Monday, April 23, 2007

Onderklere

Voor jy verder lees, kom ons sit maar ‘n age restriction op hierdie artikel, of altans, sensitiewe lesers, moet eerder nie lees nie.

Nou maar goed. Sien, vanoggend trek ek my kleertjies aan, en ek dink by myself, wat weet mans van vroue onderklere af? Ek praat nie van bra’s nie, Henry het laas jaar ‘n excellent artikel daaroor geskryf. (Gaan loer bietjie in die archives onder die kleed en ontkleed.) Ek praat van die fyner goedjies wat mens kry.

Kyk, meeste mans loop met die verkeerde idee rond dat elke vrou sexy fyn, bypassende stelle onderklere aantrek. Kom ek bars die bubble…crap. Alles hang af van in watter bui jy die dag is, en of dit by jou pas.

99, 9% van alle vroue het hul gunsteling paar onderklere wat ek na sal verwys as ouma se panties. Dit is nou nie presies bloomers nie, maar dit is lekker gemaklike onderklere, wat nie optrek waar dit nie moet op trek nie, wat nie skuif waar dit nie moet skuif nie, wat nie druk waar dit nie moet druk nie en wat sommer net lekker sit en alles behalwe sexy is. Dit is die elke dag pantie. (Haat daai word, maar nou ja)

Dan is daar die ‘g-string’. Kyk mense, enige persoon wat vir jou vertel ‘n g-string is gemaklik, praat die grootste bol stront onder die son. DIT IS NIE en persoonlik vind ek dit nie sexy nie, maar noodgedwonge moet mens dit maar soms dra.

OK..dan is daar die French knickers of die ‘mans broekies’ aka hotpants. So gemaklik soos môre heeldag en kan amper geplaas word in die selfde as ‘elke dag dra’ kategorie, maar dis darem ‘n bietjie sexier.

Dan is daar diè wat wonderwerke kan verrig, amper soos die WonderBra. Dit voel soos ‘n korset wat jy dra, maar druk elke dingetjie presies op die plek waar jy dit wil hê en maak jou amper ‘n size kleiner. Onthou net, as vroulief dit die dag aan het is daar minder badkamer breaks, aangesien dit ‘n redelike bakleiery afgee om aan en uit te trek.

Einde ten laaste is daar die sexy nommertjie. Die nommertjie wat jy die dag dra as jy sexy of ondeund voel. Wat enige warmbloedige man se hart vinniger sal laat klop...

Dis maar ‘n vinnige en kort opsomming van wat daar buite is…hou in die gevolg dop wat vroulief aantrek, dit vertel verhale van watse bui sy die dag in is!

1 Comments:

At 3:33 PM, Anonymous Anonymous said...

Ha ha ha ha! SO waar! Ek stem liska, die g-string en t-sting goeters is net nie vir my nie, gee my die french nickers! Dit is sexy genoeg vir my. Waarom koop mens elkgeval sexy lingerie vir manlief? Dis nie asof dit baie lank aanbly nie! Of is dit nou weer net ek? Ai, geniet dit altyd om jou artikels te lees! Thanx.

 

Post a Comment

<< Home