Elizca

This is just about me. Net ek and my life

Google

Tuesday, October 17, 2006

Manstydskrifte

http://www.willeklong.co.za
Die volgende gaan my verstand te bowe; meisies met issues oor manstydskrifte en hier moet ek vir die man op kom. Ek self is ‘n ywerige FHM leser, en as ek moet kies tussen ‘n Cosmopolitan en ‘n FHM dan wen die FHM loshande.

Die van julle wat al wel die FHM deur geblaai het sal weet dit is nie net alles oor meisies in onderklere nie, maar daar is ook paar briljante artikels in, wat meer van toepassing is as enige artikel wat ek al gelees het in enige vrouetydskrif. Soos bv hierdie maand se FHM bevat ‘n artikel waar ‘n FHM joernalis saam met die flying squad van Joburg ‘n aand saam spandeer het en ook ‘n interresante artikel oor Central Park van New York. Verder die resepte en idees wat jy in die FHM kry is meer realisties as die Cosmo, Marie Claire of enige ander vrouetydskrif s’n wat in die selfde klas as die FHM val.

Nee, dis nie verniet promosie wat ek doen vir die FHM nie. Wat my ontstel is meisies wat nie toelaat dat hulle ouens dit mag lees nie, want ‘hulle is bang vir die idees’ wat dit in die ou se kop gaan sit. Ja mense, ek het actually gisteraand met so ‘n meisie gepraat, wat erken dat sy haar ou nie toelaat om sulke tydskrifte soos die FHM te lees nie, want sy is bang dit ‘prikkel’ hom en ‘gee hom idees’. Maar my redenasie is dan, dan mag die ou seker ook nie televisie kyk nie en word verbied van enige strand af waar daar mooi meisies met bikinis rond loop? Hoe kan mens met sulke oogklappe deur die lewe gaan en iemand verbied om ‘n sekere tydskrif te lees, net omdat jy bang is wat in hul gedagtes aangaan?

Maar dis nie net sy wat so redeneer nie. Daar was ‘n ou ook deel van die gesprek en hy het self gesê dat hy nie sulke tydskrifte lees nie, eerstens weet hy nie hoe sy meisie sal reageer nie en tweedens…wag, is daar ooit ‘n tweedens of is hy net bang vir sy meisie?

Ek koop die FHM en so ook my flatmate Dirk, en ek en hy kan ‘n hele aand spandeer deur die FHM te lees, oor die artikels te gesels, lag vir die grappe daar in en selfs idees kry vir ‘n resep of 2.

Imagine hoe die meisies sal reageer as hulle ouens vir hulle sê hulle mag nie die Cosmo, Marie Claire, Glamour ens. lees nie, want hulle is bang vir die idees wat die meisies gaan kry as hulle die sexy ouens in die tydskrif gaan sien. Is ons meisies net meer insecure dat ons nie wil hê ouens moet kyk na fotos van sexy girls in onderklere nie of is die meisies bang dat hulle ouens hulle gaan los vir so ‘n meisie?

Kom ons wees realisties met mekaar, en dit is nie net suurdruiwe nie, ek self was in die industrie, en al wat ek kan sê is PHOTOSHOP! Kyk maters, meeste van julle weet hoe ek lyk, maar ek kan vir julle fotos wys waar ek ‘n lyf het soos ‘n Swim Illustrated Model en hare soos ‘n Pantene model. Alles word gephotoshop, van kop tot tone. Ek sê natuurlik nie al die meisies in die tydskrifte weeg 90kg, het geen hare en het selluliet nie. Die realiteit is net, dat omtrent geen van daardie meisies so perfek lyk in die tydskrifte soos wat hulle daar is nie, so hoekom issues hê as jou ou die FHM wil deur blaai en hom dreig dat jy gaan uitmaak?

0 Comments:

Post a Comment

<< Home