Elizca

This is just about me. Net ek and my life

Google

Monday, October 23, 2006

Om te groet

Seker nie die regte manier om die Maandag te begin nie, maar hier gat dit. Was toe die naweek by Broeder lief se troue, dit was wonderlike - ek was al seker by 4 troues hierdie jaar - maar hierdie een vat die koek! Maar dis 'n storie op sy eie....

Die mense wat my goed ken sal weet ek is BAIE eerg oor my diere. Sondagoggend 2h00 se kant kom ons by die huis, en dis 'n ding wat ek nooit sal vergeet nie, le my bokser, Bella onder my kar, ek dag eers sy slaap en Dirk spring uit om haar wakker te maak, toe ons besef sy is oorlede.Dit was nie haar tyd nie, sy was nog vol lewe. Ons weet nie wat gebeur het nie, Dirk moes my letterlik van haar afgehaal het soos ek gehuil het, en ek huil nog steeds.

Bella was 'n hond duisend en sy het soveel liefde gehad om altyd te gee. Ek weet baie mense wat daar kom kuier het, was seker soms geirriteerd met die feit dat sy die hele huis vol was, maar sy was ons kind, deel van die gesin.Ek sit nou en dink aan hoe sy gelyk het as mens met haar teen die strand gaan stap het, of haar die bosse ingevat eht vir 'n lekker stap. Hoe sy soos 'n besetene rond gehardloop het en maller as 'n bok was.

Ek dink aan die aan waar ek bo in die sitkamer gestaan het en eerstens 'n bok in die straat verby sien hardloop het met Bella en my kat agter die bok aan. Ek dink aan die aande wat ons partytjies gehou het toe ons nog in Stellenryk gebly het en Bella geweier het om te gaan slaap voor die laaste persoon weg is. Waar sy saam om die tafel gesit het as daar drinking games gespeel is.

Ek wil haar nog een keer 'n drukkie gee, nog een keer optel, nog een keer meen speel. Ek wil nog eenkeer haar om die huis hoor hardloop as ons nog slaap en sy's wakker. Die oggende wat ek in die huis in kom na 'n laat partytjie en Bella wat vir my wag. Bella wat soggens haar nat neus in my gesig kom druk het om wakker te word.Bella en Ronel wat skelm saam geslaap het....

Bella Bok, ek gaan jou mis, en mens vra nog steeds hoekom is die lewe so onregverdig? Dit was nie jou tyd nie, dis nie regverdig nie....

2 Comments:

At 3:33 PM, Blogger ericat said...

Ek kan so presies weet hoe jy daar voel. Hoekom het hulle so 'n kort lewe, al gaan hulle nie voor die tyd nie. My Afrikaanse blog is hoofsaaklik oor Namibiƫ, my kat blog is in Engels. Hier soek ek nou vir eers 'n paar skakels uitruil om ons Afrikaanse blogs gesien te kry. Sal jy asb. 'n skakel met my ruil? My blog is http://sonkantbo.blogspot.com laat net 'n boodskap en jou skakel hoe jy dit wil sien en ek sal dit plaas. Jy kan my skakel bewoord soos jy wil.

 
At 11:26 AM, Blogger Mark Fitzpatrick said...

Joh 3:16 For God so loved the world, that he gave his only begotten Son, that whosoever believeth in him should not perish, but have everlasting life.
Joh 3:17 For God sent not his Son into the world to condemn the world; but that the world through him might be saved.
Joh 3:18 He that believeth on him is not condemned: but he that believeth not is condemned already, because he hath not believed in the name of the only begotten Son of God.

 

Post a Comment

<< Home